Menu

Bel Ons

Bel Ons

E-pos Ons

E-pos Ons

Facebook Messenger

Facebook Messenger

Read in English

English

Read in English

English

M
Living Word Richards Bay Logo

Lewende Woord
Living Word

Richardsbaai KZN

Lewende Woord Richardsbaai is ‘n Onafhanklike Vernuwings Gemeente waar geloof, familie en gemeenskap saamsmelt. Ons bou ‘n liefdevolle, Woordgefundeerde Koningkryksgemeenskap. Ons bied bedieninge vir kinders, tieners en volwassenes.

Geloof

Vir ons is familie belangrik

Vir ons is familie belangrik

Eredienstye

Eredienstye

Sondae Oggende: 9vm.
Na die Lofprysing & Aanbidding:
Kinderkerk & Tienerkerk
Ondersteun Ons

Ondersteun Ons

Help ons om die Lig te versprei deur ons bediening te ondersteun.

Welkom

by ‘n Gemeente Wat God En Sy Mense Lief het

Lewende Woord is ‘n gesinskerk waar ons in eenheid saamkom om geestelik te groei en die liefde van God te beleef. (Ps. 133:1-3)

Ons verkondig die Woord van God met toewyding en werk daaraan om die heiliges toe te rus vir hul roeping en dienswerk. (Jes. 52:7; Efe. 4:12)

Lewende Woord Richardsbaai is ‘n dinamiese vernuwingsgemeente met ‘n hart vir ons stad en sy mense.
Ons streef daarna om gelowiges van alle ouderdomme te aktiveer en toe te rus om kragtige, daadwerklike uitlewers van die Woord te wees. Ons visie is om liefdevolle, Woord-gebaseerde Koninkryksgemeenskappe te vestig wat ‘n blywende impak maak.

Ons dienste skep ‘n vriendelike en ontspanne atmosfeer waar die hele gesin welkom voel. Ons doel is om mense nader aan God se hart te bring en Sy liefde vir die stad en sy inwoners sigbaar te maak.

Ons Kernwaardes

  • Liefde en Genade: Ons toon altyd liefde en genade aan alle mense (Joh. 13:34).
  • Eenheid: Ons bevorder Goddelike eenheid en weerstaan verdeeldheid (1 Kor. 1:10; Ps. 133:1-3).
  • Toewyding: Ons is toegewyd aan die Visie, Missie en Kernwaardes van Lewende Woord.
  • Respek: Ons respekteer alle mense as beeld van God, ongeag geslag, kultuur of status (Rom. 12:10).
  • Diensknegskap: Ons leef met ‘n gesindheid van nederigheid en diensbaarheid (Mat. 20:28; Filip. 2:3-4).
  • Integriteit: Ons handel met eerlikheid en opregtheid in alle aspekte van ons lewe (Spr. 10:9; Spr. 11:3).

Geloofsbelydenis

  • Ons glo in een God, die Almagtige Vader, Skepper van hemel en aarde (Gen. 1:1; Jes. 44:24; Joh. 1:1-3).
  • Ons glo in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit die Vader voor alle eeue. Hy het vir ons mense gely, gesterwe, opgestaan, en na die hemel opgevaar. Hy sal terugkom om die lewendes en dooies te oordeel (Joh. 3:16; Kol. 1:15-17; Jes. 53:5; 2 Tim. 4:1).
  • Ons glo in die Heilige Gees, wat lewend maak en saam met die Vader en Seun aanbid word (Rom. 8:11; Efe. 4:4-6; Mat. 28:19).
  • Ons glo aan een Christelike kerk en een doop tot vergifnis van sondes (Efe. 4:4-6; Hand. 2:38).
  • Ons glo in die wederkoms van Christus, die wederopstanding van die vlees, en die ewige lewe (1 Tess. 4:16-17; Joh. 5:28-29).

Gesag van die Bybel

Ons glo in die Skrif van die Ou en Nuwe Testament – die ses-en-sestig kanonieke boeke van die Bybel – soos dit oorspronklik geskryf is, as volkome geïnspireer deur God. Ons aanvaar dit as die hoogste en finale gesag vir geloof en lewe (2 Tim. 3:16-17; 2 Pet. 1:20-21; 1 Pet. 1:25).

Ontmoet ons Pastoorspaar

Chris & Frannie Swanepoel

Pastore Chris en Frannie Swanepoel is die presiderende pastore van Lewende Woord Richardsbaai. Hulle is 29 jaar getroud en het 6 kinders en 5 kleinkinders. Past Chris Swanepoel is sedert 2005 voltyds in die bediening. Na betrokkenheid by uitreike het die Here hom gelei om ‘n gemeente in Elandspoort, Pretoria te plant. Naamlik Die Lighuis Woord bedieninge. In 2011 is Past Frannie Swanepoel voltyds saam met hom in die bediening waarna hulle ‘n tweede gemeente geplant het in Pretoria Tuine. In 2016 het die Here hulle gelei om ‘n onafhanklike gemeente met naam Lewende Woord Richardsbaai te plant. Hulle is al sedert 2006 in affiliasie met Lewende Woord en deel van die Lewende Woord nasionale netwerk.

Pastore Frannie en Chris Swanepoel

Mandaat

Kan ‘n stad na die Here terugkeer? Jou antwoord bepaal jou betrokkenheid.

Die strategiese belyning van Lewende Woord binne die liggaam van Christus is gebaseer op ons mandaat en visie. Ons vervul ons mandaat deur dissipelskap, wat vier kernstappe behels: wen, vestig, toerus en stuur.

Ons Visie

Die vestiging van ‘n liefdevolle woordgefundeerde koninkryks-gemeentskap.

Jesus roep ons om vissers van mense te wees (Matt. 4:19; Mark. 1:17) en om in Sy voetspore te volg (Luk. 9:23; Matt. 16:24-26). Visse moet gevang (‘wen’), skoon gemaak (‘vestig’), voorberei (‘toerus’) en aan mense as kos verskaf (‘stuur’) word.

Ons Missie

Om kragtige aktiewe daders van die woord te wees.

Die vestiging van ‘n liefdevolle, woordgefundeerde koninkrykgemeenskap. Lewende Woord se visie gee rigting aan sy doelwitte en verduidelik die unieke rol en funksie wat God vir Lewende Woord binne die Liggaam van Christus sien.

(1 Kor. 12:12-14; Efe. 4:11-13; Kol. 3:16; Joh. 13:34-35)

Vrae en Antwoorde

Kan ek die kerk gedurende die week besoek?

Ja, jy is welkom om ons gedurende die week te besoek! Kontak ons vooraf om ‘n afspraak te maak, en ons sal graag met jou ontmoet.

Is daar 'n spesifieke kleredrag vir eredienste?

Nee, daar is geen spesifieke kleredrag nie. Kom net soos jy is! Almal is welkom om saam met ons te aanbid.

Kan ek gebed of berading versoek?

Absoluut. Ons bied gebedsondersteuning en berading aan. Kontak ons via die kontakvorm, en ons sal ‘n tyd reël om met jou te gesels.

Hoe kan ek 'n donasie maak?

Donasies kan gemaak word in die vorm van goedere, dienste of finansiële ondersteuning.

Hoe word ek 'n lid van Lewende Woord?

Om ‘n lid te word is eenvoudig. Woon een van ons eredienste by of kontak ons via ons webwerf. Ons sal jou stap-vir-stap help om deel van ons geestelike familie te word.

Hoe kan ek by die kerk betrokke raak?

Daar is verskeie maniere waarop jy betrokke kan raak. Jy kan help met gemeenskapsprojekte, sosiale media, professionele dienste aanbied, of help met instandhouding van die geboue en terreine. Kontak ons gerus vir meer inligting.

Bied julle doop- en toewydingsdienste aan?

Ja, ons bied doopdienste aan vir volwassenes en jongmense wat ‘n persoonlike en heilige besluit voor God geneem het om gedoop te word. Ons bied ook toewydingsdienste aan vir babas en kinders wat te jonk of onvolwasse is om die heilige verbintenis te verstaan. Hulle word aan God toegewy.

Is kinders welkom?

Beslis! Kinders is altyd welkom. Jy kan hulle saam met jou in die erediens hou, of hulle kan deel wees van die Kruis Kidz Sondagskooldiens, waar hulle in ‘n veilige, prettige en leeromgewing die Woord van God ontdek.

Ondersteun Ons Bediening

Lewende Woord Richardsbaai streef daarna om ‘n verskil te maak in ons gemeenskap en verder. Jou ondersteuning deur ‘n skenking help ons om ons bediening voort te sit en die Woord van God te versprei.

Indien jy ‘n finansiële bydrae wil maak, gebruik asseblief die onderstaande bankbesonderhede. Elke skenking, groot of klein, maak ‘n betekenisvolle impak

Baie dankie vir jou getroue ondersteuning!

BANK BESONDERHEDE

Rekeningnaam: Lewende Woord
Richardsbaai
Bank: FNB
Rekeningtipe: Tjekrekening
Rekeningnommer: 62191893900
Tak kode: 250655

Kinders & Tieners

Groei saam in Geloof

Kruis Kidz

Kruis Kidz is die kinderbediening van Lewende Woord Richardsbaai, wat daarop gemik is om kinders van voorskoolse ouderdom tot Graad 7 te bedien. Ons bied ‘n veilige, vreugdevolle en interaktiewe ruimte waar kinders Bybelse waarhede kan ontdek en Jesus kan loof en prys. Elke ouderdomsgroep ontvang ouderdomsgepaste lesse wat Bybelverhale insluit, asook prettige aktiwiteite wat kinders help om hul geloof te verstaan en te verdiep.

Plantasie Tieners

Plantasie is ‘n dinamiese bediening wat gemik is op tieners. Hierdie bediening inspireer jongmense om ‘n Jesus-gesentreerde lewe te lei en ‘n Koninkrykskultuur in hul generasie te bou. By Plantasie kry tieners die geleentheid om hul geloof te verdiep, karakter te bou en betekenisvolle verhoudings met ander gelowiges te ontwikkel. Deur weeklikse byeenkomste, besprekings en aktiwiteite word tieners toegerus om uitdagings met geloof en selfvertroue die hoof te bied. Plantasie is ‘n ruimte waar tieners groei, ontdek en die liefde van Jesus ervaar.

Laat u kinders en tieners gerus deel word van hierdie opwindende bedieninge en gee hulle sodoende die geleentheid om geestelik te groei in ‘n omgewing gevul met liefde, leiding en Bybelse waarheid.

Gemeentskap

Maak 'n positiewe impak

Helpende hande word benodig vir projekte soos kosuitdelings, opruimings en meer. Jou skenkings en vaardighede is ook welkom. Saam kan ons ‘n sterker gemeenskap bou.

Kontak ons vandag!

Stuur ’n Boodskap

Ons hoor graag van jou! Gebruik ons aanlyn kontakvorm om met ons in verbinding te tree. Of jy vrae het, ‘n afspraak wil maak of wil uitvind hoe jy betrokke kan raak, ons is hier om te help. Vul die vorm in, en ons sal so gou moontlik na jou terugkeer.


Kom Kuier

Ons nooi jou hartlik uit om ‘n erediens by te woon by Lewende Woord Richardsbaai. Ons eredienste vind elke Sondag plaas, en dit is ‘n wonderlike geleentheid om saam met ons gemeenskap te aanbid, te groei en geestelike inspirasie te ontvang.

Kan jy nie Sondag bywoon nie? Geen probleem! Kontak ons gerus en maak ‘n afspraak om ons by die pastorie kantoor te besoek. Ons sien uit daarna om jou te verwelkom en jou bekend te stel aan ons liefdevolle Koninkryksgemeenskap.

Pastorie - Kantoor Adres

Pastorie - Kantoor Adres

9 Bosvlier, Arboretum, Richardsbaai, 3900

GPS: 28°44’47.4″S 32°03’51.8″E

Kerk Adres

Kerk Adres

102 Via Cassiandra, Arboretum, Richardsbaai, 3900

GPS: 28°45’26.1″S 32°03’17.0″E

Ry-aanwysings na Kerk

Geloof

Gebed . Gesels . Gemeenskap

Kontak Ons

Pastoor Chris Swanepoel

Past Chris Swanepoel

083 225 3809

Pastoor Frannie Swanepoel

Past Frannie Swanepoel

084 810 3303

Stuur 'n E-pos

Stuur 'n E-pos

chris@lewendewoord.co.za

Bevordering van Toegang tot Inligting

Kopiereg © 2025 Lewende Woord Richardsbaai / Alle Regte Voorbehou / Deur hierdie webwerf te besoek, stem jy in tot die Terme van Gebruik. Webwerf ontwerp deur WeaverWorx .
1
Scan the code